Braai, kuier en ’n brannewyntjie om die vuur – vir wat meer kan jy vra op Braaidag?
Kom geniet die Braaifeesdag wat Dinsdag (24 September) deur Hardekool Distillery by die Thali Thali-wildreservaat aangebied word.
Hierdie Braaifees word die eerste keer in die Weskus aangebied saam met die Hardekool-ambassadeur en sanger Rikus Nel, bekend vir sy liedjie “Hardekole” om die vuur saam met vriende – die atmosfeer waarna gaste kan uitsien. Gaste kan ook uitsien na die musiekkunstenaar Jay, wat ook op die dag gaan optree.
Albei kunstenaars is opgewonde om die dag saam met gaste deur te bring en heerlike samesyn te hou.
Met soveel wat aangebied word, kan gaste ook uitsien na die verskeie stalletjies, ’n 4×4-Suzuki Jimny- demonstrasie aangebied deur Suzuki Vredenburg, die sanger Louis van Lill asook die kulkunstenaar Peter G.
Vir net R200 kan jy lekker wors, sosaties, roosterkoek, wildsburgers en meer geniet.
Kaartjies vir kinders o.13 kos R100.
Kaartjies kan by www.TIXSA.co.za bespreek word.
Die hekke open om 12:00.. Een gelukkige wenner geniet ’n kans om twee kaartjies vir die Braaifees te wen.
Antwoord die volgende vraag: Wie is die ambassadeur van Hardekool Distillery?
Stuur jou antwoord per WhatsApp na 082 576 0453 voor Vrydag 20 September om 12:00.