Krewe vereer jong spelers

Twee leerders van Panorama Primêr in Louwville, Jadian de Water en Leighton Goeida, is onlangs by die Vredenburg/Saldanha-krieketklub se prysuitdeling vereer.


Twee leerders van Panorama Primêr in Louwville, Jadian de Water en Leighton Goeida, is onlangs by die Vredenburg/Saldanha-krieketklub se prysuitdeling vereer.

Die twee spelers het puik prestasies in krieket behaal en is in die Wes-Kaapse o.14-krieketspan opgeneem.

Anroux Marais, provinsiale minister van kultuursake en sport, was by die Krewe se geleentheid en het onder meer diplomas en trofeë aan die kranige jong spelers oorhandig.

Lazard Williams, oudleerder van Panorama, is ook vereer vir sy uitmuntende krieket. Williams speel tans vir die Cape Cobras.

Panorama-bestuurslede sê hulle is “voorwaar trots”.

You need to be Logged In to leave a comment.