Meshana Cloete van die Vredenburg-Saldanha-krieketklub, gereed om ‘n hou te speel. Foto: Sonja Kruger

Die Pen Basson-krieketveld in Wellington gaan die komende naweek die plek wees waar die krieketkampioene van vanjaar se T20 Premier-krieketliga bepaal word, en die eerste én tweede spanne van die Vredenburg-Saldanha-krieketklub, oftewel die “Krewe”, speel albei in die eindwedstryde.

Louis Hartzenberg, die klubvoorsitter van die afgelope 17 jaar, meen die eerste span is in ‘n oorgangsfase en hul sukses is deels te danke daaraan dat jonger spe- lers hul hand opgesteek het. “Die spelers bou nou voort op die klub se trotse tradisie.”

Dit is die sesde keer dat die Krewe die T20 Premierliga se eindwedstryd haal. Hulle het as wenners uitgetree in 2011, 2018, 2019, 2022 en 2023.

“Ons het ‘n kampioenskap-klubmentaliteit wat oor jare opgebou is,” glo Hartzenberg.

Vrouespan presteer

Die Krewe se vrouespan het op Sondag 2 November hul wedstryd teen Clanwilliam gewen. Die Krewe het eerste gekolf en 79/7 in 20 boulbeurte behaal. Die vroue van die Essexs-span van Clanwilliam kon net 76/5 in hul 20 boulbeurte behaal, wat die Krewe met 3 lopies laat wen het.

• Op Saterdag 8 November in Wellington speel die Krewe se tweedespan teen Young Peoples om 10:00 en die eerstespan teen Van der Stel om 14:00.

• Op Sondag 9 November op Krewepark, Vredenburg, speel die Krewe-vrouespan teen Piketberg.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 27 November 2025
    Weslander E-Edition – 27 November 2025

Gift this article