Die kreefseisoen maak op 26 November oop.

Sportvissers het vanjaar twee dae ekstra om kreef uit te haal.

Die departement van landbou, bosbou en seevisserye het Woensdag 16 November aangekondig dat sportvissers, soos in 2014/15, vanjaar weer 21 dae het om kreef uit te haal.

Vanjaar maak die kreefseisoen op 26 November 2016 oop, en sluit op 17 April 2017.

Verlede jaar was daar slegs 19 dae om kreef uit te haal.

Permitte kos weer R94 per persoon, en ‘n permit beteken jy kan vier krewe per dag per permit uithaal. ‘n Persoon moet ouer as 12 jaar wees om ‘n permit uit te neem.

Kreef mag net tussen 08:00 en 16:00 uitgehaal word en die doplengte is steeds 80 mm van die kop tot by die begin* van die stert.

‘n Maksimum van 20 krewe mag per dag vervoer word, op voorwaarde dat almal wat permitte het teenwoordig is in die voer- of vaartuig.

Die dae waarop kreef gevang mag word is:.

  • Van 26 November 2016 tot 27 November 2016 (2 dae)
  • Van 10 Desember 2016 tot 11 Desember 2016 (2 dae)
  • Van 16 Desember 2016 tot 18 Desember 2016 (3 dae)
  • Van 24 Desember 2016 tot 27 Desember 2016 (4 dae)
  • Van 31 Desember 2016 tot 2 Januarie 2017 (3 dae)
  • Van 7 Januarie 2017 tot 8 Januarie 2017 (2 dae)
  • Van 14 Januarie 2017 tot 15 Januarie 2017 (2 dae)
  • Van 15 April 2017 tot 17 April 2017 (3 dae)

     *(Weslander het foutiewelik berig “tot die punt van die stert” – verskoning vir die fout.)

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025