Die negende jaarlikse Velddrif-myl- en 3-km-swem-geleentheid word aanstaande Saterdag (8 November) by die Port Owen-marina in Velddrif beslis. Deelnemers van fiks tot onfiks-maar-avontuurlustig kan aan deelneem.
Amptelike Myl-swem (1,6 km)
Die amptelike Velddrif-myl- 1,6-km-swem is vir die meer avontuurlustiges van hart en swemmers met ‘n bietjie meer stamina en ervaring in die water.
Gevorderde swem (3 km)
Die 3-km- gevorderde swem-item is die meer ernstige item en ‘n goeie oefensessie vir alle oopwaterswem-entoesiaste.
Albei afdelings is oop vir skins en wetsuits en die gebruik van swempette is verpligtend en ‘n sigbaarheidsboei of helderkleurige swemdrag word verkies.
Registreer tussen 06:30-07:45.
Die swem-inligtingsessie vir albei hierdie byeenkomste is om 07:45 by die East Basin, Elizabeth East-weg, Port Owen. Albei items begin om 08:15 in die kanaal. Vervoer van East Basin na die beginpunte sal voorsien word, maar dit word aanbeveel dat jy jou eie rugsteunspan het om jou goed veilig te hou en jou aan te moedig.
Pretswem van 500 m
Die pretswem vind ná die twee hoofbyeenkomste plaas.
Swemmers van alle ouderdomme kan vir die 500-m-pret-swem-item – geklee in enigiets – inspring om vir die prys vir die deelnemer met die beste gees op die dag in aanmerking te kom.
Ondersteunende swemoestelle soos lilo’s en swembad-noedels word vir die pretswem toegelaat, maar geen swemvinne nie. Registreer tussen 08:45-09:45. Die inligtingsessie vind om 09:55 by die Port Owen-skeepshelling (slipway) in die Port Owen-marina plaas. Die item begin om 10:10.
Prysuitdeling
Die einde van die swemren en die prysuitdeling is by die Port Owen-seiljagklub in Bronwenstraat, Port Owen. Opwindende pryse en ander opwindende gelukstrekkingspryse tussendeur sal op die spel wees. Geldpryse is in elke afdeling te wen, sowel as ‘n trofee. Elke deelnemer kry ‘n medalje en dan is daar ook die pryse vir die Besgeklede of Beste Gees op die dag.
Die prysuitdeling sal omstreeks 11:15 begin. ‘n Verskeidenheid plaaslike kos-opsies sal beskikbaar wees vir aankoop tydens en na die geleentheid. Toeskouers is baie welkom om die swemmers aan te moedig, maar moet asseblief nie private eiendom, bote of kaaie langs die kanaal betree nie.
Inskrywings sluit môre (Vrydag 31 Oktober).
Besoek facebook.com/velddrifmileswimmingevent), stuur e-pos na velddrifmile@gmail.com of bel Ross by 083 444 9939 vir registrasiebesonderhede en inskrywingsvorms.


