Inwoners van dorpe aan die Weskus wat inspraak wil hê oor hoe misdaad in hul dorp hanteer moet word, is welkom om die onderskeie gemeenskapspolisiëringsforums (GPF) se jaarvergaderings by te woon. Dit geld ook vir kerke, sportorganisasies, besighede en ander belangstellendes.
Kom maak ’n verskil, help kies die nuwe bestuur en bespreek misdaadbekamping en ander belangrike kwessies oor misdaad en polisiëring wat die gemeenskap raak.
Die GPF skep ’n platform vir rolspelers om saam te verseker dat die gemeenskap se behoeftes aangepak word. Die Suid-Afrikaanse Grondwet maak voorsiening vir forums om gemeenskapsorganisasies en die polisie in vennootskap saam te bring om oplossings vir veiligheids- en sekuriteitskwessies te vind. Die GPF het ook samewerking tussen die partye bevorder om die gemeenskap teen misdaad te beskerm en sodoende ’n veilige omgewing te skep.
’n Tweede funksie van die GPF is om die plaaslike polisie se doeltreffendheid, aanspreeklikheid en deursigtigheid as ’n burgerlike liggaam na te gaan en te bevorder. Die onderskeie GPF-jaarvergaderings vind soos volg plaas:
. Maandag 11 November: Hopefield-GPF kom byeen om 19:00 in die Hopefield Thusong-sentrum. Bel Marlene by 072 805 6181.
. Dinsdag 12 November: Vredenburg- GPF – 18:00 in die Duifklubsaal op die Vredenburg-sportterrein langs die rugbyveld. Kry registrasievorms by Jean Retief by Goldtech Juweliers op die hoek van Lang- en Skoolstraat. Bel Jean by 083 388 7901 of Sammy by 065 095 4318;
. Laaiplek GPF – 18:00 in die Noordhoek-gemeenskapsaal, Velddrif. Bel AO Adele Visser by 082 522 3271.
Maak seker dat jy nie jou dorp se vergadering mis nie, aangesien belangrike inligting gedeel sal word wat jou en jou gemeenskap raak.