Kom sê jou sê oor misdaad

Inwoners van dorpe in die Weskus wat ook ’n sê wil hê oor hoe misdaad in hul dorp hanteer moet word, kan gerus die onderskeie polisiëringsforums (GPF) se jaarvergaderings bywoon.


Inwoners van dorpe in die Weskus wat ook ’n sê wil hê oor hoe misdaad in hul dorp hanteer moet word, kan gerus die onderskeie polisiëringsforums (GPF) se jaarvergaderings bywoon.

Dit sluit ook kerke, sportorganisasies, sakeondernemings en ander belangstellendes in.

Kom maak ’n verskil en help sake bespreek, soos die keuse van ’n nuwe bestuur, misdaadbekamping en ander belangrike kwessies oor misdaad wat die gemeenskap raak. Die GPF skep ’n belangrike platform vir rolspelers om saam te verseker dat die gemeenskap se behoeftes aangepak word.

Die Suid-Afrikaanse Grondwet maak juis daarom voorsiening vir GPF’s om gemeenskapsorganisasies en die polisie in vennootskap saam te snoer om oplossings vir veiligheids- en sekuriteitskwessies te kry.

Die GPF bevorder ook samewerking tussen die partye om die gemeenskap teen misdaad te beskerm en dus ’n veilige omgewing te skep.

’n Tweede funksie van die GPF is om die plaaslike polisie se doeltreffendheid, verantwoordbaarheid en deursigtigheid as ’n burgerlike liggaam te kontroleer en te bevorder.

Die onderskeie GPF-jaarvergaderings vind soos volg plaas:

. Langebaan: Woensdag 23 Oktober in die Langebaan-Thusong-saal. Bel Peter 074 238 2346 by of Miranda by 074 238 2346;

. Hopefield: Maandag 11 November om 19:00 in die Hopefield Thusong-sentrum. Bel Marlene by 072 805 6181;

. Vredenburg: Dinsdag 12 November in die Duiweklubsaal (agter die Skilpadsaal) by die Vredenburg-sportterrein. Haal registrasievorms af by Jean Retief by Goldtech-juweliers op die hoek van Lang- en Skoolstraat. Bel Jean by 083 388 7901 of Sammy by 065 095 4318.

GPF-jaarvergaderings in Weslander se wyer verspreidingsgebied:

. Lutzville: Dinsdag 22 Oktober om 14:00 in die polisie se konferensiesaal;

. Doringbaai: Donderdag 24 Oktober om 19:00 in die SAPD-konferensiesaal;

. Riebeek-Wes: Donderdag 24 Oktober om 19:00 in die polisiesentrum;

. Vredendal: Donderdag 24 Oktober om 16:00 by die polisiekantoor; en

. Nuwerus: Woensdag 30 Oktober om 17:00 by die polisiekantoor.




.
Die Laaiplek GPF het reeds sy jaarvergadering gehou en vergader weer op Dinsdag 12 November om 18:00 in die Noordhoek-gemeenskapsaal in Velddrif. Bel AO Adele Visser by 082 522 3271 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.