Weskussers weet van lekker kos en saam kuier, so indien jy ’n nuwe eetplek wil probeer, besoek gerus Sabino’s Cantina.
Dié gesellige eetplek is geleë in die FNB-sentrum in Vredenburg se Hoofstraat en is daagliks oop van 10:00 tot laat aand.
Besoekers aan dié kuierplek geniet veral die knetterende kaggelvuur om die koue te verdryf. Op warm dae kan vriende gerus op die terras met verfrissende sproeiers kuier.
Met ’n smullekker spyskaart is daar iets vir elke smaak en dit alles teen sakpaspryse.
Daar is ook Italiaanse en Griekse gunstelinge om van te kies.
Kom geniet uitstekende musiekvermaak van Woensdae tot Saterdae.
Hou die Sabino’s Cantina se Facebookblad en Weslander se dagboek dop om te kyk wie daar optree.
Die kuierplek is oop vir funksies en partytjies en danksy hul heerlike happieborde het die gasheer- of vrou geen werk en kan dus net die geleentheid saam met vriende geniet.
Skakel 0 022 719 1820, besoek hul Facebookblad of stuur ’n e-pos aan sabinoscantina1@gmail.com.