Kleine Hopefield, voorheen bekend as die Plaasmol, stel met trots bekend die opening van die West Coast Rock Theater!
Die nuutgestigte West Coast Rock Theater is ’n 200-sitplek of 400-staanplek teater met absolute top-kwaliteit klank en beligting.
Kleine Hopefield is strategies geleë op die R45, slegs 5 km van Hopefield af, en maklik toeganklik van meeste dorpe in die Weskus.
Die eienaar van die plaas Kleine Hopefield, Burger van den Berg, sê dit was ’n droom van hom om ’n teater soos die West Coast Rock Theater te betrek by Kleine Hopefield as onderneming. Daar is ook ’n groot buiteverhoog. Geen moeite of koste is ontsien om die korrekte atmosfeer, beligting en beste klank te verseker nie.
Die hoofdoel is om die beste in vermaak, hetsy kunstenaars of opvoerings, na die West Coast Rock Theater te lok en absoluut top-vermaak vir hul toekomstige en huidige ondersteuners te verseker. Jong opkomende kunstenaars moet ook ’n platform hê waar hulle met top-toerusting kan optree.
West Coast Rock Theater maak gebruik van Beeskrip se saal en sal vir optredes omskep word in ’n teater. Teaterstukke van top-gehalte sal gemik wees op die bevordering van kunstenaars sonder backtracks. Dit skep die geleentheid om meer kunstenaars van ’n inkomste te verseker en die publiek kry ook ’n besondere ervaring. Beeskrip sal nog steeds voortgaan met kunstenaaroptredes en algemene vermaak.
Die opening vind op Saterdag 1 Julie plaas.
. Vir meer inligting stuur ’n epos na Cecily op jolkleinehopefield@gmail.com