Die leerders van Seeskulpie KKO in Langebaan het vandeesmaand hul sakevernuf ten toon gestel by die jaarlikse graad R-markdag.
Die jong entrepreneurs het Saterdag 8 September hul speletjies en die lekkerste bederfies verkoop.
’n Prys word jaarliks aan die topentrepreneurs gegee en vanjaar was Kaylin Cox en Alexander Weyers die bobaas-sakekinders met hul R5-Speelgoedwinkel.
Leila Luyt se Sweet Sushi-onderneming het die prys vir die beste idee, onder die meisies, gewen. Sy het kleurryke soetbederfies soos die gewilde Japannese gereg laat lyk. Die beste idee vir seuns was Colby Snygans se treasure-tafel.
Die mooiste tafel vir seuns is gewen deur Tertuis Cochrane met sy verfbal- tafel terwyl Morgan Hugo met haar badprodukte die meisiesafdeling gewen het. Die Mnr. en Mej. Seeskulpie vir graad R is ook gekroon en Alexander Weyers en Nina Mostert het onderskeidelik met dié titels weggestap.