Sewe sake van bedrog is in Velddrif teen dieselfde paartjie aanhangig gemaak.
Volgens kapt. Tania Helfrich, ‘n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, het een klaer vyf van die klagtes teen die vermeende swendelaars aangemeld.
Dié klaer beweer dat die man en vrou van Laaiplek, wat hulself oral op sosiale media bemark, hom al sedert Oktober 2023 bedrieg het.
Die ander klaers is ‘n 60-jarige vrou en ‘n 41-jarige man.
Die bewerings wat die Laaiplek-polisie se speurders teen die twee beweerde swendelaars ondersoek, sluit onder meer in die vervalsing van handtekeninge, die aangaan van boukontrakte waaraan nie gehoor gegee word nie en nie by die voorwaardes gehou word nie, en die voortdurende “verskuiwing” van ‘n sakeonderneming se geld.
• Die Laaiplek-polisie ondersoek in ‘n onverwante geval ook 14 sake van die diefstal van pensioenbydraes wat verlede week op Vrydag 27 Junie by hulle aangemeld is.