Kinders Paternoster se grootste bate

Die Paternoster Peoples’ Partnership het vanjaar weer toppresteerders by die Laerskool St. Augustine’s beloon.


Die Paternoster Peoples’ Partnership het vanjaar weer toppresteerders by die Laerskool St. Augustine’s beloon.

Die pryse is vanjaar in pas met Covid-19-regulasies slegs by ’n geleentheid vir die wenners bekend gemaak en nie by die skool se gebruiklike jaareindgeselligheid nie.

In graad 1 is die wenner Cayden Abrahams en Jay-Dean Jacobs het in graad 2 met die louere weggestap.

Meke Taylor was die toppresteerder in graad 3 terwyl Kristen Jordaan die prys as toppresteerder vir graad 4 gekry het.

In graad 5 was Gailynne Lee Coraizin die toppresteerder en in graad 6 was dit Maclynn Engelbrecht. Onder graad 7 was Leelan Vusso die toppresteerder.

Volgens Ben Rootman van Paternoster People’s Partnership is die kinders van Paternoster die dorp se grootste bate en hul toekoms behoort almal se prioriteit te wees.

“Ons organisasie is saam met Celestine Barends, die skoolhoof, en die skoolpersoneel trots daartoe verbind om hierdie voorkeur ’n werklikheid te maak.

“Dit is verblydend dat die leerders van Laerskool St. Augustine’s vanjaar onder moeilike omstandighede steeds goed presteer het. Daarbenewens het dissipline ook verbeter,” het Rootman bygevoeg.

Die presteerders sal volgende jaar hul gebruiklike aansporingspryse ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.