Tom Lovemore nader die Carinusbrug in Velddrif in sy segetog verlede jaar. Foto: Alida Buckle

Die 2025-Bergrivier-kanomarathon van die Paarl tot in Velddrif is vandag (Donderdag 3 Julie) amper halfpad. Hou gerus Weslander se Facebook-blad dop vir daaglikse nuusbrokkies oor die verloop van die marathon.

Gameplan Media berig dat die 2025-Bergrivier-kanomarathon ‘n stywe wedloop gaan wees, met twee van die mees legendariese roeiers van dié uitdaging wat vanjaar die nuwe geslag die stryd sal aansê.

Tom Lovemore (26) van Knysna het verlede jaar sy plek in die Berg-geskiedenis verower deur sy eerste oorwinning in die uitmergelende vierdaagse uitdaging van Paarl na Velddrif te behaal. Hy sal sy titel tot Saterdag 5 Julie moet verdedig, maar hy is gelukkig een van die gunstelinge.

Twee legendes van die Berg, Hank McGregor en Robbie Herreveld, met ‘n gekombineerde ouderdom van 100 en altesaam 19 oorwinnings tussen hulle, lyk na ‘n waarskynlike struikelblok vir Lovemore in sy hoop op ‘n opvolg-oorwinning.

McGregor, ‘n twaalfmalige wêreldkampioen, het sy 13de Berg’ in 2023 gewen.

Hoewel hy op 47 naby die einde van sy loopbaan as die wêreld se suksesvolste marathon-kajakvaarder is, is hy steeds ‘n gevaarlike mededinger in elke wedvaart wat hy aandurf.

Herreveld, op 53, het 12 maande gelede as ‘n verrassende mededinger na vore getreë toe hy die eerste drie dele op die Golf van Lovemore voltooi het. Siekte het hom egter daarvan weerhou om op die laaste dag ‘n ernstige aanslag op die titel van stapel te stuur. Hy het in die tweede plek algeheel geëindig.

Min het gedink dié sesmalige wedvaartwenner kon verlede jaar ‘n ernstige bedreiging inhou. Tot ‘n paar weke gelede het baie gedink sy 2024-wedvaart was ‘n buitensporige gelukskoot en hy het geen kans om dié vertoning te herhaal nie – totdat hy die laaste voor-Berg-wedvaart van Gouda na Bridgetown op 21 Junie gewen het om hom weer eens as ‘n sterk mededinger te vestig.

Vanjaar sou Herreveld niks meer wou hê as om die wedvaart se oudste wenner te word nie om saam met die titel as die jongste wenner nog ná sy 1991-oorwinning as ‘n vars 19-jarige te pronk.

Die vrouewedvaart lyk ewe interessant, met die mededingendste lys deelnemers in baie jare. Die onttrekking van die SA spanlede Pippa McGregor en Nix Birkett is die tweemalige wenner Jenna Nisbett die gunsteling. Die verdedigende kampioen, Stephanie von der Hyde, sal nie saamstem nie en haar oorwinning verlede jaar was gewis geen toeval nie. Met twee oorwinnings in voorbereidingswedlope sal sy by Bianca Beavitt en Christy Shrimpton as die voorlopers kan aansluit, met goeie vertonings om ten minste ‘n plek op die podium te eis.

• Besoek berg.org.za vir nog inligting en daaglikse uitslae.

dummy text

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025