Kringtelevisiekameras word ingepsan vir gesig- en nommerplaatherkenning. Foto: iStock


Enigiemand wat beeldmateriaal van die kamerastelsel van die Saldanhabaai-munisipaliteit benodig in ’n saak waar byvoorbeeld by ’n sakeonderneming ingebreek is, kan dit bekom, mits hulle ’n klagte by die polisie aangemeld het en die korrekte prosedure volg.

Die publiek, wat sake-eienaars insluit, kan nie goedsmoeds ongereguleerde toegang tot die beheerkamer verkry nie, het raadslid Michael Schaffers verlede week aan Weslander verduidelik.

Om ’n klagte by die polisie aan te meld en ’n saaknommer te kry, is die beginpunt. Daarna berus dit by die polisie om met die saaknommer die beeldmateriaal by wetstoepassing aan te vra.

Schaffers het beklemtoon wetstoepassing word volgens wet verplig om streng prosedure te volg en hulle kan nie beeldmateriaal sonder die regte stappe vrystel nie.

Of daar wel ’n kamera op die spesifieke misdaadtoneel gerig is, is die ander kant van die saak, want hoewel reeds sowat 110 kameras deur die munisipale gebied opgestel is, beteken dit nie noodwendig dat elke hoek en draai al gedek word nie.

You need to be Logged In to leave a comment.