Emile Petrus van Hoërskool Louwville, Anneen Uys (junior onderburgemeester) en Thabo Rhongo (junior burgemeester van Saldanhabaai-munisipaliteit). Foto:


Lede van die junior stadsraad het on­langs handboeke aan Hoërskool Louw­ville oorhandig.

Die handboekprojek is die inisiatief van Anneen Uys, junior onderburge­meester van die Saldanhabaai-munisipaliteit, en is in die middel van verlede jaar van stapel gestuur.

Uys se portefeulje by die junior stads­raad is akademiese aktiwiteite.

Sy het verlede jaar met haar hand­boek­projek begin en tot dusver 10 bokse boeke by Hoërskool Louwville gaan aflewer.

Die boeke is alles deur onderwysers en leerders van verskeie skole geskenk. Sy het oral gevra, ook op sosiale media, mense moet hul ou handboeke skenk.

“Ek het verlede jaar besef daar is ’n dringende nood aan handboeke vir hoër­skoolleerders. Die meeste mense bêre hul ou handboeke in die kas en vergeet daar­van terwyl ander leerders dit kan benut.

“Die doel van dié projek is om dié leerders wat graag akademies wil pres­teer, maar nie die hulpbronne en om­standig­hede het om dit te doen nie, te ondersteun. As ons saam staan en me­kaar ondersteun kan ons die wêreld verander,” het Uys gesê.

Handboeke sal ook aan Hoërskool Diazville oorhandig word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025