Agri-Expo se jongste inisiatief, die Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskap, is by Soetmelksvlei bekendgestel. Links staan Chris Fourie, (president van Agri-Expo), Stephanie le Roux (‘n raadslid van Agri-Expo), dr. Mogale Sebopetsa, (hoof van die Wes-Kaapse departement van landbou), Susina Jooste (hoofbeoordelaar van die SA Preserveerkampioenskap), dr. Ivan Meyer (Wes-Kaapse minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme) en Adele Johnson (bestuurder van Soetmelksvlei). Foto: Natalie Gabriels Photography

Inskrywings vir die eerste Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskap, wat plaaslike vervaardigers die geleent-

heid bied om hul beste gepreserveerde produkte ten toon te stel, het geopen.

Die kampioenskap is oop vir vervaardigers en klein ondernemings oor die land heen en fokus op gepreserveerde vrugte- en groenteprodukte in byna 200 klasse, insluitend konfyt, marmelade, blatjang, piekels, pesto’s en meer.

‘n Kundige beoordelaarspaneel onder leiding van die kulinêre opvoeding-

spesialis Susina Jooste as die hoof-

beoordelaar sal die inskrywings beoordeel deur middel van ‘n blindeproeproses gevolg deur ‘n onafhanklike oudit.

Breyton Milford, die hoofbestuurder van Agri-Expo, die organiseerder van die kompetisie, sê hierdie is ‘n uitstekende geleentheid vir Suid-Afrikaanse vervaardigers om nasionale erkenning te ontvang, met rolspelers in die bedryf te netwerk en die kuns van preserveerwerk te vier.

“Ons is met ons jare lange ervaring in die aanbied van die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskap opgewonde om ons verbintenis tot uitnemendheid in landbouverwerking na hierdie kreatiewe en dinamiese sektor uit te brei. Dié nuwe kompetisie sal uitsonderlike produkte vereer en voortdurende verbetering en vernuwing in die preserveerbedryf

aanmoedig,” sê Milford.

Hoe om in te skryf:

Enige produk wat ingeskryf word, moet in sy onderskeie mark teen die tyd van inskrywing beskikbaar wees en moet vir die publiek verkrygbaar wees, byvoorbeeld in winkels, padstalle of markte.

Inskrywings het op Maandag 5 Mei geopen en sluit op Woensdag 25 Junie, met laatinskrywings wat tot Dinsdag 1 Julie aanvaar sal word. Produkte moet tussen Maandag 21 en Dinsdag 22 Julie afgelewer word. Die beoordeling begin op Woensdag 23 Julie by Eensgezind buite Durbanville. Die prysuitdeling is op Woensdag 6 Augustus.

Die inskrywingsfooi is R150 (BTW uitgesluit) per inskrywing, en die

laatinskrywingsfooi ná 25 Junie is R250 (BTW uitgesluit) per inskrywing. Om in te skryf, moet deelnemers ‘n aanlyn vorm by http://www.sapreservechamps

.co.za voltooi. Vir meer inligting, stuur e-pos aan charlotte@agriexpo.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 December 2025
    Weslander E-Edition – 18 December 2025

Gift this article