Ondersteuners by die hof pleit vir die veilige terugkeer van Joshlin Smith (6). Foto: Noluvu Ludidi/Weslander


Vier beskuldigdes in die verdwyning van Joshlin Smith (6) van Middelpos, Saldanha, het Donderdag 7 Maart in die Vredenburg-landdroshof verskyn op aanklagte van mensehandel en ontvoering.

Joshlin se ma, Kelly Smith (33), haar kêrel, Boeta (Jacquen Rowhan) Appollis (31), sy vriend, Steveno van Rhyn (27), en ’n buurvrou, Phumza Sigaqa, wat na bewering ’n sangoma is, het vlugtig in die hof verskyn. Die staat voer aan dat die beskuldigdes Joshlin verkoop en ontvoer het.

Al vier beskuldigdes het aangedui dat hulle gaan aansoek doen om regshulp.

Lees hier: Vier aangehou oor Joshlin

joshlin

Die vier beskuldigdes in die Vredenburg-landdroshof. Foto: Alida Buckle/Weslander
buitehof

Ondersteuners by die hof pleit vir die veilige terugkeer van Joshlin Smith (6). Foto: Noluvu Ludidi/Weslander

Landdros Theresa Postma het die saak uitgestel tot Woensdag 13 Maart vir die insameling van inligting vir die beskuldigdes se borgaansoek. Hulle bly in aanhouding tot dan.

Lede van die gemeenskap het buite die hofterrein betoog en het aangedui dat hulle beslis ’n petisie gaan opstel om borg teen te staan.

Daar word steeds gesoek na Joshlin, wat op Maandag 19 Februarie weggeraak het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025