Renz Lombaard vandag in die hooggeregshof. Foto: Elisma van der Watt | Maroela Media
Renz Lombaard vandag in die hooggeregshof. Foto: Elisma van der Watt | Maroela Media

Kaapstad: Die eerste dag van Kelly Smith, Boeta Appolis en Steveno van Rhyn se aansoek om appèl is afgehandel.

Dit vind in die Wes-Kaapse hooggeregshof in die stad plaas en sal na verwagting môremiddag ten einde loop.

Die regsverteenwoordigers doen aansoek om verlof tot appèl teen die vierstuks se skuldigbevinding en lewenslange tronkstraf in Mei vanjaar.

Die saak hou verband met die verdwyning van Joshlin Smith in Middelpos- informele nedersetting, Saldanha, verlede jaar.

Geen besluit is tot dusver geneem oor die lot van Renz Lombaard, die staatsgetuie in die saak nie. Sy was vandag by die hof.

Regter Nathan Erasmus moet besluit of sy vrywaring van vervolging sal kry.

Smith, Appollis en Van Rhyn is op 29 Mei tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan mensehandel en ontvoering.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 27 November 2025
    Weslander E-Edition – 27 November 2025

Gift this article