Steveno van Rhyn en Kelly Smith luister na kapt. Wesley Lombard se getuienis. Credit: Alida Buckle

In ‘n frustrerende week van kruisondervraging van die staatsgetuie Renz Lombaard, het daar nie veel nuwe inligting oor Joshlin Smith se verdwyning na vore gekom nie.

Regsverteenwoordigers ter verdediging van Kelly Smith, Boeta Appolis en Steveno van Rhyn het in uitmergelende sessies hoofsaaklik op Lombaard se dwelmmisbruik gefokus.

Die drie beskuldigdes staan tereg op aanklagte van ontvoering en mensehandel.

Lombaard se verskeie verspeelde kanse om die owerhede in te lig oor Smith se beweerde plan om haar sesjarige kind te verkoop, het ook onder die loep gekom.

Sy het ook steeds gehoop op die R1 000 wat Smith haar vir haar stilswye belowe het.

Regter Nathan Erasmus het ‘n aanduiding gegee dat die hofverrigtinge in die Veeldoelige Sentrum in White City, Saldanha, moontlik vir nog twee weke gaan aanhou.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025