Hoërskole van die Weskus het Vrydag aan die streeksuitdun van Eskom se jaarlikse ekspo vir jong wetenskaplikes deelgeneem.

Leerders het hul projekte ten toon gestel in Hoërskool Diazville se saal. Die leerders wie se projekte die beoordelaars se oog getrek het, sal in Oktober aan die nasionale ekspo in Boksburg deelneem.

Vanjaar het die jong Weskussers beïndruk met hul projekte oor hernubare energie soos wind- en sonkrag.

Een leerder het selfs sy eie klein windturbine gebou.

Verskeie deelnemers het gekies om projekte oor “gryswater” en die suiwering of ontsouting van water te doen, heel gepas in ’n tyd wat die Kaap die ergste droogte in ’n eeu beleef.

Die Weskusfinaliste op pad na Boksburg is Shana van Wyk, Carlton Williams en Janie Smith (almal van Hoërskool Vredenburg); Elsabe Markus, Fredlene Pietersen en All-Joann Wade (Diazville Hoërskool); Carmen Swanepoel (Curro Langebaan); Marissa Basson (Augsburg Landbou Gimnasium); Armin Nel (Hopefield) en Uitkyk Primêr se Nokhanyo Ponoane en Lucrecia Beukes.

You need to be Logged In to leave a comment.