Die Weskus-stoeiklub het goed presteer by die onlangse SA nasionale jeug- en president-stoeikampioenskap in Stellenbosch, wat van Donderdag 26 tot Saterdag 28 September plaasgevind het.
Drie van die stoeiers het besonder goed gevaar en goud- en silwermedaljes verower.
McNolan Plaaitjies van die Weskus-stoeiklub sê hulle is baie trots op elkeen van die stoeiers, wat ook vir hul eerste keer aan die grootste stoeitoernooi in die land deelgeneem het.
“Hiermee wil ons as die Weskus-stoeiklub ons dank uitspreek aan elkeen wat op watter manier ook al van hulp was. Verdere dank aan die Cape Winelands-groep (met Michael Luff as president) wat deel was van die 12 verenigings wat deelgeneem het, waarby meer as 600 deelnemers betrokke was.
“Ons bedank ook Ray van Rooy, die burgemeester van die Bergrivier-munisipaliteit, en sy gesin, wat die groep gedurende die toernooi ondersteun het, asook ’n spesiale dank aan ons Hemelse Vader.”
Die klub verwelkom enige jong geesdriftige meisies of seuns, sowel as seniors, om hulle te besoek.
. Skakel die klub by 083 842 3666 vir meer inligting.