Talentvolle lede van die Weskus-stoeiklub – agter, van links, is Jandre Andries (o.15), Bradwin Jacobs (o.9), Noah Faulkner (o.9) en Nahum Laubscher (o.8). Voor is Zuhaida Williams (o.9), Ce-Jay Saal (o.11), Micheal Brown (o.10) en Grace Laubscher (o.11).


Die “grootste” stoeikampioenskap vind vanjaar by die Universiteit Stellenbosch plaas – die SA National Youth, Presidents and Greco Championships.

Dit sal van Donderdag 26 tot Saterdag 28 September plaasvind.

Agt van die Weskus-stoeiklub se jong stoeiers is gekies om aan die kampioenskap deel te neem. Dit is vir dié klub ’n besonderse voorreg en ’n mylpaal in sy eerste bestaansjaar.

Om hul deelname moontlik te maak, benodig die kinders die geldelike ondersteuning van die gemeenskap. Elke jong stoeier het sowat R2 500 nodig, wat vervoer, kos, verblyf en kleredrag sal dek.

. Kontak die afrigter, Mcnolan Plaaitjies, by 083 272 4128 om te help.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025