Weslander het ’n beroep op jongmense gedoen om vir ons hul gedagtes en ervarings in te stuur, en julle het geantwoord.
Shinique Olivier (17), ’n graad 11-leerder aan Hoërskool Vredenburg, het hierdie gedig aangestuur:
Om net jouself te wees,
As mense van jou praat
En jy niks daaraan kan doen,
Moenie altyd dink aan wraak
Maar dink om met die persone te versoen
Hou op om jouself te belemmer
En om jouself af te kraak
Moenie wees soos die mannetjie gemaak van gemmer
Moenie daaraan dink om weg te raak
Mense gaan jou aanhou kritiseer
Want hulle lei aan minderwaardigheid
Draai na God keer op keer
En gaan na hom met jou beleid
God het ’n deel van Hom
Presies in jou geblaas
Die duiwel maak jou so dom
Hy maak jou kop vol geraas
Wyk Satan, wyk
Vir jou is hier nie meer plek
Jy wat jou in ons foute verryk
Is jy nie dalk vasgevang in jou eie net
Wees maar net jouself,
Nie om ander tevrede te stel
Maar om jou in jouself te laat delf
En as die onsekerheid in jou weg is, sê maar vir Satan vaarwel.
.
Weslander wil van jou hoor! Weslander nooi jongmense uit wat daarin belangstel om bydraes vir die koerant te skryf om hul werk in te dien.
Dit kan enigiets van ’n gedig, ’n artikel, ’n rubriek of selfs net ’n foto wees.
Stuur jou bydrae na nuus@weslander.co.za en jy kan dalk jou skepping in Weslander sien.
. Weslander invites young people who are interested in writing for the newspaper to submit their work. It can be anything – a poem, article or even a column. Send to nuus@weslander.co.za and you may see it inWeslander.