Die Saldanha-atletiekklub is trots om aan te kondig dat vyf van sy atlete lid van die Boland-landloopspan is.
Twee van die atlete – Lushaan Koopman en Chrystal Adams – het die Weskaap-landloopspan op Vrydag 3 en Saterdag 4 Oktober in Mpumalanga verteenwoordig en op Donderdag 30 en Vrydag 31 Oktober het Diazville Primêr en die Laerskool Saldanha hul jaarlikse prysuitdeling gehou.
Die volgende prestasies is behaal:
• Chrystal Adams (Diazville Primêr) – Sportvrou van die jaar, atleet van die jaar en landloopatleet van die jaar.
• Lushaan Koopman (Diazville Primêr) – Sportman van die jaar, belowende atleet van die jaar en landloopatleet van die jaar.
• Elijah Adams (Diazville Primêr) – Landloop: Ontwikkelende atleet.
• Zusakhe Rorwana (Laerskool Saldanha) – Junior atleet van die jaar en atleet van die jaar.
Die klub bedank die skole en afrigters vir hul bydrae.


