Van links staan Ben Burger, nasionale voorsitter van die FCJ, Wayne van der Walt, redakteur van die Highvelder en driemalige wenner in die fotografieafde- ling van die nasionale kompetisie, wat as een van die gassprekers opgetree het, dr. George Claassen, ombudsman van Novus Media en Media24 wat met joernaliste oor die Perswet en Popi-wet kom praat het, Manfred Jacobs van AVBOB se streekhoofkantoor in die Wes-Kaap en Ansie Lambrechts van die plaaslike AVBOB-tak.

Sowat 40 joernaliste van verskeie gemeenskapskoerante oor die Wes-Kaap heen het Woensdag 21 en Donderdag 22 Mei in Velddrif bymekaargekom vir die Wes-Kaapse deel van die “No Guts No Glory”-streekseminaar van die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste (FCJ).

Die seminaar is die Woensdagaand begin met ‘n netwerkgeselligheid by die Riviera-hotel, waar gemeenskapsjoernaliste van verskillende mediahuise kon skouers skuur en hul ervarings in die bedryf deel.

Die Soverby Lapa in Dwarskersbos het Donderdagoggend reggestaan om die groep te verwelkom vir die dag se gesprekvoering tussen joernaliste en kundiges in die bedryf.

“ ’n Deel van die (FCJ) se mandaat is om gereeld opleiding aan sy lede te bied,” sê Ben Burger, die nasionale voorsitter.

“Met die joernalistieke landskap wat so vinnig ver- ander, is dit noodskaaklik dat ons lede op hoogte bly van wat aan die gebeur is en daarom is dit nodig om ‘n seminaar soos hierdie aan te bied. Ek bedank graag ons borg AVBOB, wat as deel van hul vennootskap met die FCJ die “No Guts No Glory”-streekseminaar vir die Wes-Kaap moontlik gemaak het.”

Die FCJ bedank ook die Riviera Hotel en Soverby Lapa vir hul gasvryheid en hartlike verwelkoming van sy lede.
• Die FCJ hou jaarliks ‘n spog- galageleentheid om joernaliste te vereer vir uitmuntendheid in gemeenskapsjoernalistiek. Vanjaar word dit in Augustus gehou.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025