Die Weskus-jeugorkes (West Coast Youth Choir) in die Weskus-fossielpark. Foto’s: Leatitia Bester

Die Weskus-musiek-akademie (WCMA) en die Weskus-jeug- orkes (WCYO) het die afgelope Vrydag (17 Oktober) drie dekades se musikale uitnemendheid en onderwys met ‘n skou-spelagtige 30-jaar-vieringskonsert by die Weskus-fossielpark gevier.

“Die konsert was ‘n ware weerspieëling van die diepte en diversiteit van musikale talent, wat aan die Weskus gekweek word,” het Carina Brown, die stigter van die WCMA en ‘n direkteur van WCYO, gesê.

Die Weskus-jeugorkes het ‘n puik vertoning gelewer en sy vaardigheid, eenheid en ekspressiewe kuns onder leiding van Kenny Leibbrandt en Brown ten toon gestel het.

Dié optrede het die grootste perkussie-opstelling bevat wat WCYO nog aangebied het, wat diepte en tekstuur by die vertoning gevoeg het.

Die program was gevul met dinamiese optredes deur die WCYO-orkes, die WCYO se marimba-orkes en die WCYO se junior perkussie-ensemble, wat elk hul unieke klank en energie tot die viering bygedra het.

Die gehoor is ook getrakteer met inspirerende solo- en kamer-opvoerings deur alumni, personeel en studente, wat die nalatenskap en voortgesette uitwerking van musiekonderrig deur WCMA en WCYO verteenwoordig het.

‘n Onvergeetlike oomblik was toe Marna Smit, ‘n perkussieonderwyser, die eerste timpanidrom-konsert nog aan die Weskus gelewer het.

Die konsert het nie net 30 jaar se groei en prestasie gevier nie, maar ook hulde gebring aan die talle individue, opvoeders en ondersteuners wat deel van die reis was.

“WCMA en WCYO het die hartklop van musiekonderrig aan die Weskus geword en bied ‘n platform vir jong musikante om te groei, op te tree en deur die universele taal van musiek bande te smee. Ons is baie trots op hoe ver ons gekom het,” het Brown gesê.

“Hierdie viering het oor meer gegaan as net terugkyk – dit het oor die erkenning van die generasies studente, families en onderwysers wat hierdie gemeenskap gemaak het wat dit vandag is, gegaan.”

Die geleentheid is met peuselhappies afgesluit en Shaun “Die Weskusklong” Beer, ‘n WCMA-student en plaaslike kunstenaar, se agtergrondmusiek het ‘n feestelike atmosfeer vir gaste, alumni en onder- steuners geskep.

Die WCMA stuur ‘n spesiale dankie aan die Weskus-fossielpark vir die aanbieding van die geleentheid met ‘n pragtige natuurlike agtergrond.

Carina Brown, stigter van die West Coast Music Academy en direkteur van die Weskus-jeugorkes (West Coast Youth Orchestra). Foto’s Leatitia Bester

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025