Die beste motor, naas ’n nuwe Suzuki, is ’n gebruikte Suzuki, aldus JD Power.
Volgens dié voertuig-navorsingspesialis is Suzuki een van die volumeverkopers met die beste voertuiggehalte.
Dit is die bevindinge ná ’n Britse studie oor probleme wat kopers in die eerste drie jaar van eienaarskap met hul motors ervaar het.
Volgens die navorsing is Suzuki se gehalte sowat 30% beter as die gemiddelde gehalte in die bedryf. Indien ’n mens dié gehaltevlakke kombineer met die hoë standaard van die verkoop- en naverkoopdiens, blyk dit Suzuki is een van die bevredigendste handelsname om te besit.
Die JD Power Voertuig-betroubaarheidstudie word alom beskou as een van die omvattendste en deeglikste studies van sy soort. Navorsers vra eienaars se algemene indrukke oor hul voertuig se gehalte en fokus met 177 spesifieke aspekte van elke voertuig wat nagegaan word.
Navorsers bestudeer onder meer die enjin- en aandryfstelsel, ry-indrukke, verfgehalte, die gehalte van die sitplekke en die toestand van die voertuig ná drie jaar se gereelde gebruik.
Die Suzuki-handelsnaam is in 2008 in Suid-Afrika bekend gestel met kliënt-tevredenheid wat in pas met Suzuki se markaandeel gegroei het.
Die handelaarsnetwerk het die afgelope twee jaar in Suider-Afrika verdubbel tot 47 handelaars wat handelaars in Botswana en Lesotho insluit.
“Ons is bemoedig deur die aantal lojale kliënte vir elk van ons passasiersmotors en sportnutsvoertuie, maar dit is stellig die Suzuki Swift wat die beste vertoon en dis die gewildste produk in ons reeks,” sê André Venter, afdelingshoof vir verkope en bemarking by Suzuki Auto Suid-Afrika.
“Die Swift is ook Suzuki se beste verkoper wêreldwyd met meer as 5 miljoen verkope oor die wêreld.”
Die Swift het in sy produkleeftyd reeds meer as 60 toekennings in Europa, Asië en Suid-Afrika ontvang. In Suid-Afrika het die Suzuki Swift verskeie benoemings en toekennings ontvang in verbruikers- en tydskrifkringe, tesame met ander Suzuki-produkte soos die Celerio, Vitara, Ciaz en Ertiga.