Die tweede Bergrivier-jazzkonsert was ‘n groot sukses, sê die organiseerders.

Die geleentheid het die afgelope Saterdag (4 Oktober) by die Laaiplek-hotel plaasgevind met omtrent 350 mense in die gehoor. Konsertgangers het die geleentheid gehad om na die legendariese Allou April van Saldanha, Tarryn Lamb en soveel meer te luister. Volgens Steyn Fourie, die organiseerder van die geleentheid, het alles goed verloop. “Die weer was goed, die musikante was betyds en die publiek was in goeie gees. Die atmosfeer wat ons probeer skep het, het samesyn onder mense gebring, liefde vir musiek uitgeleef en tot heerlike dans gelei. Om die mense in dié atmosfeer te sien, was spesiaal.”

Fourie sê hy het groot planne vir aan-

staande jaar, wat tot meer mense se betrokkenheid sal lei en al hoe meer sal groei.

Steyn Fourie (organiseerder van die geleentheid) saam met Johannes Frans.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025