Jaar se 1ste tafeltennisstryd aan Weskus lok honderd

Die eerste Weskus-tafeltennistoernooi van die jaar het verlede maand plaas­gevind.


Die eerste Weskus-tafeltennistoernooi van die jaar het verlede maand plaas­gevind.

Die geleentheid is op Saterdag 9 Maart by Vergenoeg Primêr in Vredendal gehou. Altesaam 100 kinders en volwas­senes het ingeskryf.

Weskus-tafeltennisfederasie bedank graag sy borge wat die geleentheid moontlik gemaak het.

“Die behoefte vir vervoer, etes en medaljes is groot en ons nooi sakeondernemings en individue om die federasie te ondersteun met skenkings of ’n borgskap. Die beplanning is om aan die SA tafeltenniskampioenskap deel te neem wat in Junie en Julie gehou gaan word en ons het almal in die Weskus se ondersteuning nodig,” verduidelik Danritch Booysen, sekretaris van die federasie.

Vir nog inligting, bel Booysen by 074 944 5855 of Denvan Bocks (voorsitter) by 084 906 5387.

You need to be Logged In to leave a comment.