Hierdie pragtige Husky-kruising is Maandag (30 Junie) verdwaald in Hoofstraat-Wes, Vredenburg, opgelaai. Hy is amper raakgery en was baie verbouereerd. Hy is die eerste keer naby die Nieuwe Rust/Trekoskraal-afdraai op die Paternoster-pad gesien. Volgens die Swartland- en Weskus-dierebeskermingsvereniging, wat hom tydelik versorg het, was die hond goed versorg, maar hy het nie ‘n halsband aangehad nie. Hy is gelukkig weer veilig tuis.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025