Hou ons paaie alkoholvry

Hierdie feesseisoen sien meeste van ons daarna uit om tyd by die werk af te vat, en saam met ons familie en vriende na vakansiebestemmings regoor ons mooi land en die buiteland te reis.


Hierdie feesseisoen sien meeste van ons daarna uit om tyd by die werk af te vat, en saam met ons familie en vriende na vakansiebestemmings regoor ons mooi land en die buiteland te reis.

Dit is ’n eenvoudige feit dat alkohol en paaie nie meng nie. Selfs klein hoeveelhede alkohol kan jou vermoë om besluite te neem, ’n voertuig te bestuur, of veilig naby verkeer te stap, aantas.

Dit maak nie saak of jy stap, bestuur of ’n motorfiets of fiets ry nie, alkohol het ’n negatiewe invloed op jou vermoëns.

As jy drink, moenie bestuur nie. Die beste manier om dit te doen is om by die huis te bly, by vriende oor te slaap of indien jy uitgaan, jou voertuig by die huis te los. Moenie jouself eers die opsie gee om te bestuur nie, maak ’n ander plan deur ’n taxi, bus of trein te neem. Help ons om ’n alkoholvrye pad te skep.

Indien jy vriende of familie het wat nog onder die invloed van drank bestuur, praat met hulle voor die langarm van die gereg hul bykom.

Indien jy stap, asseblief moenie drink nie, veral nie in oormaat nie. Om in die aand dronk op ons paaie te stap beteken jy kan omgery of beroof word. Wanneer jy stap maak seker dat jy die pad by ’n veilige plek oorsteek en op die sypaadjie bly.

Die belangrikste is om seker te maak dat bestuurders jou kan sien. Dra klere wat weerkaats, want dit kan jou lewe red.

You need to be Logged In to leave a comment.