Hoërskool Hopefield se graad 8-leerders leer tans oor herwinning vir die tweedekwartaalleerplan. Jano Reynolds, ’n gr. 8-leerder, het gesê hul groep het besef die skool het nie ’n herwinningsprojek nie. ’n Taakspan is dadelik gekies wat met die beplanning begin het. Hulle het nog skaars skenkings gevra toe Johan Claasen van Rainbow Village 12 herwinningsdromme geskenk het. Die Saldanhabaai-munisipaliteit het ingestem om die dromme op ’n gereelde grondslag te kom leegmaak. As alles volgens plan verloop, word Hoërskool Hopefield teen 31 Mei groen!


Hopefield word groen!

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 27 November 2025
    Weslander E-Edition – 27 November 2025

Gift this article