Hoërskool Hopefield (HSH) meen sy interskole 2019 was ’n groot sukses.

HSH het vanjaar Hoërskool Lutzville tuis ontvang.

Benewens al die sport wat beoefen is, het HSH die toernooi op ’n hoogtepunt afgesluit toe sy eerste span sy rugbywedstryd 47-7 gewen het. Die Willehonde van Hoërskool Lutzville kon uiteindelik net nie die mas opkom nie.

Die meisies van die o.19 A-span het op hul beurt vir groot opwinding gesorg danksy ’n naelbytwedstryd teen Lutzville. Die tuisspan het die wedstryd 32-30 met ’n kortkop gewen.

Al twee skole sien vir aanstaande jaar uit na nuwe uitdagings en HSH wens die Willehonde alle voorspoed toe.

You need to be Logged In to leave a comment.