Die Hoërskool Hopefield se jaarlikse Mnr. en Mej. HSH is Woensdag 24 April gehou. Die tema was “Fire. Earth. Wind. Rain” en André Terblanché en Pieter Helslandt was die gaskunstenaars vir die aand. Mnr. Hopefield 2019 is Denmar Jacobsen en vanjaar se Mej. Hopefield is Dezeré Coetzer. Die eerste prinses en prins is Ann-Mari Engels en Owen van Zyl, en die tweede prins en prinses Conrad Conradie en Selena Ward. Die beoordelaars vir die geleentheid was dr. Zak Schabort (Cosmetic and Dental Emporium), La’eecqa Yunus (Essence Cosmetics), Ilse Roux (Ilse Roux Bridal) en Anneke Potgieter (Annabella Health & Skincare).


Hopefield se ‘koninklikes’

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 27 November 2025
    Weslander E-Edition – 27 November 2025

Gift this article