Die Hopefield-rugbyklub het die afgelope Saterdag (5 Julie) sy tuisveld op ‘n moeilke en nat oppervlakte met vasberadenheid en taktiese vernuf in ‘n slagveld van oorwinning omgeskep.
Die tuisspan het sy stempel teen die formidabele Albatrosse van St. Helenabaai in gietende reën afgedruk in ‘n Boland Grootuitdaagbeker-wedstryd wat spiere en wilskrag beproef het.
Hopefield het hul tuisvoordeel benut en die Albatrosse geskok met slim spel en gefokusde strategie. Kern Papier het reeds in die derde minuut ‘n strafdoel oorgeklits (3–0), maar St. Helenabaai het teruggeveg met twee doele (6–3).
Papier het daarna nog twee strafdoele aangeteken en Rewaldo Strauss het voor rustyd ‘n drie gedruk, wat Hopefield met 14–6 laat voorloop het.
Die tuisspan se naby-spel en voorspelersbeheer het die teenstanders se ritme ontwrig en ’n stewige voorsprong verseker. Na pouse het beide afrigters hul troepe die leviete voorgelees oor hulle swak disseplineen dit sal moet verbeter.
Die Albatrosse het hard geveg en met twee strafdoele die telling tot 14–12 laat krimp, maar Hopefield se verdediging was ’n granietmuur. ’n Briljante opbou het gesorg vir Ughan Niemand se drie wat die telling tot 21–12 gestoot het, die finale keerpunt.
Twee geel kaarte was die nadeel tot die Albatrosse se disseplinne probleme wat hulle die wedstryd gekos het in kritieke oomblikke wanneer hulle op die aanval was.
Die Albatrosse het in die laaste tien minute teruggekom en Hopefield met kragtige spel gefnuik en ‘n onverdoelde drie gedruk, wat die agterstand na 21-17 laat krimp het.
In ‘n beslissende oomblik het die losvoorspeler Yuvalen Adams ‘n counter ruck net vyf meter van die doellyn af beheer en balbesit herwin, en daarmee die Albatrosse se laaste aanval gestop.
“Daardie oomblik het nie net ‘n drie voorkom nie – dit het vir ons die wedstryd gewen,” sê Hopefield se afrigter, Shaheen Baadjies.
Baadjies het hul oorwinning aan drie sleutelelemente toegeskryf – “tuisveld- voordeel, voorspelerskombinasies en afgeronde spel het ons laat wen.”
Hy het ook beklemtoon dat verbeterings aan lynstane en spelbestuur ‘n fokus sal bly.
Die Albatrosse pak Paternoster hierdie Saterdag (12 Julie) in ‘n tuis- wedstryd, terwyl Hopefield se manne na die Transnet-stadion reis vir ‘n kragmeting teen die puntevoorloper, die Saldanhabaai-rygbyklub – vasbeslo- te om sy oorwinningsreis voort te sit.
Ander uitslae:
Weskus:
Vredenburg 35-30 Velddrif;
Langebaan 76-18 Goedverwacht en
Hopefield 21-17 St. Helenabaai.
Swartland:
Never Despair 40-24 Darling,
Good Hopes 18-47 Wesbank en
Saron 41-19 Villagers Wittewater.


