Sewe honde is reeds dood en talle meer is siek met hondesiekte (canine distemper) in Hopefield met dié siekte wat vinnig kan versprei.
Volgens Nicola Viljoen, ’n vrywillige wat met diere in die Weskus-dorp werk, moes sy reeds sewe honde sedert Maandag na die veearts neem om uitgesit te word na hulle met die siekte gediagnoseer is.
Gevalle van hondesiekte het tot dus ver nog net in die Oudekraal-buurt voorgekom, maar aangesien die siektes hoogsaansteeklik is, word inwoners gemaan om hul honde onmiddellik te laat in ent.
Siende dat daar geen geneesmiddel is nie, sal siek honde uitgesit moet word.
Viljoen sê een van die diere wat sy Donderdagoggend moes laat uitsit was verwagtend. Vlieë is groot draers van die siekte wat die virus van een dier na ’n ander kan oordra deur aanraking sê sy.
Hondesiekte word versprei deur liggaamsvloeistowwe. Simptome van beide siektes sluit in hoë koors, verlies aan eetlus, oog- en neusuitloopsel en stuiptrekkings.
Hoewel mense en ander troeteldiere nie die siekte kan op die nie word die virus deur fisiese aanraking versprei.
Viljoen sê die vermoede is dat daar reeds verskeie honde is wat voor Maandag aan die siekte dood is, maar waarvan die plaaslike diereorganisasie – Hopefield Animal Care – dalk net nie bewus is nie.
Personeel van Wesland Dierehospitaal raai Hopefield-inwoners, asook Weskussers wat in dig bevolkte buurte woon, om hul honde te laat inent. Inenting behels drie afsonderlike inspuiting.
Hopefield-inwoners wat nie hul troeteldiere vir die inenting na plaaslike diereklinieke kan neem nie, kan Hopefield Animal Care kontak.
In Porterville, Piketberg tot Moorreesburg asook Hopefield is verskeie jakkalse die afgelope maand met hondsdolheid opgemerk. Die siekte kan nie behandel word nie en soos hondesiekte beteken infeksie ’n pynlike dood vir diere. Die staatsveeartsenydienste op Malmesbury doen Dinsdag gratis inentings teen hondsdolheid op Vredenburg. Die inentings is verpligtend vir honde en katte ouer as drie maande wat nog nie teen die gevreesde siekte ingeënt is nie, het Hendrik Hagen, dieregesondheidstegnikus verduidelik.
Die inentings vind plaas van 11:00-15:00 by Louwville-gemeenskapsaal en Vredenburg se sportterrein onderskeidelik. Honde moet aan leibande wees en katte in bedekte katmandjies of ten minste in ’n lemoensakkie.
Vir navrae bel Hendrik by 082 896 9570.