’n Geleentheid waarvoor hy nie kon nee sê nie het op die pad van die plaaslike musikant Jamelo Miles gekom.

Miles het op Woensdag 26 Junie Hongkong toe vertrek vir ses maande waar hy lid gaan wees van ’n drieman- musiekgroep wat by die Shangri-La Hotel gaan optree.

Vir Miles is dit ’n gulde geleentheid, juis weens die Covid-19-pandemie wat musiekkunstenaars soos in die res van die wêreld ingeperk het. “Dis lekker om weer oorsee te kan gaan. Om weer nuwe mense te ontmoet, om lekker hulpbronne weer te ontmoet, sodat ek ons plaaslike talent ook kan oorstuur om ook te gaan werk” – ’n visie en missie wat hom nog altyd na aan die hart lê. Vir Miles is musiek eenvoudig alles. “Sonder musiek is daar geen doel wanneer dit kom by baie dinge nie. Dit is ’n manier om jouself en gevoelens uit te druk. Ek eet, leef en slaap musiek.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025