Hoërskool Louwville ontvang argitektuur-toekenning

Die Hoërskool Louwville, een van die Weskus se jongste hoërskole, het onlangs ’n argitektuur-toekenning vir sy indrukwekkende skoolgebou van R50 miljoen ontvang.


Die Hoërskool Louwville, een van die Weskus se jongste hoërskole, het onlangs ’n argitektuur-toekenning vir sy indrukwekkende skoolgebou van R50 miljoen ontvang.

Die toekenning is deur die Kaapse Instituut van Ontwerp aan die Hoërskool Louwville-projek vir uitnemendheid in ontwerp uitgereik.

Die maatskappy wat vir die skool se ontwerp verantwoordelik was, is 2-AD Space Architects Incorporated.

Die Kaapse Instituut van Ontwerp het in sy beskrywing van die projek gesê die argitekte het ’n goeie balans tussen ontwerpelemente gehandhaaf en die gebou skep ’n gevoel van kalmte en ewewigtigheid.

Veral die vierhoekige binnehowe, oop ruimtes waarin mense maklik kan beweeg, wandelpaadjies en landskapelemente wat met die argitektuur geïntegreer is, het die instituut beïndruk. Die besondere dak is ontwerp om aan ’n tradisionele plaaslike boustyl te herinner.

Die skool het voorheen uit opslaangeboue in Louwville bestaan en bouwerk aan die nuwe skoolgebou het in Januarie 2015 begin. Die leerders het die nuwe skool verlede jaar betrek.

Die gebou het altesaam 38 klaskamers waarin die sowat 1 380 leerders onderrig ontvang. Die skool pronk ook met ’n multimediasentrum, ’n wetenskap-laboratorium, ’n ruim skoolsaal en administratiewe kantore.

Donald Grant, die Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, het die skool vir die oorhandiging van die prys besoek.

You need to be Logged In to leave a comment.