Die CWL Baard Auto-sportdag, aangebied deur Hoërskool Hopefield (HSH), het Saterdag 23 Februarie by die Hopefield-sportterrein plaasgevind.
Die jaarlikse sportdag word deur CWL Baard Auto in die dorp geborg. Daar was 25 deelnemende skole en 850 netbal- en rugbyspanne.
Die gasheerskool se o.19A-netbalspan sowel as die HSH se o.19A-rugbyspan het al hul wedstryde gewen.
. Hoërskool Hopefield se eerste krieketspan, geborg deur Rola Volkswagen Vredenburg, het tot dusver hierdie seisoen goeie oorwinnings oor Piketberg, Steynville, Vredenburg-weekspan en Swartland-weekspan behaal. Met die span se onlangse krieketwedstryd het Nathan Engelbrecht ’n skitterende 100-tal teen Vredenburg aangeteken.