‘n Baie spesiale en unieke matriekgroep het die son verlede Donderdag (18 Oktober) oor Hopefield se sportterrein sien opkom en saam ontbyt geniet. Daarna het die matriekgroep vir oulaas per bus deur Hopefield gery – ‘n simboliese afskeid vol emosie en trots. Dié dag het nie net die einde van die matriekklas se skooldae beteken nie; dit was ook ‘n groot mylpaal vir die Hoërskool Hopefield – sy 100ste matriekklas sedert 1925. Tien dekades later het elke leerder steeds die skoolklok gelui en daarna deur die administrasieblok uitgestap, met hul onderwysers as erewag in die tuin. Die skool wens sy matrieks voorspoed toe vir die eindeksamen.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025