Weet jy moontlik waar hierdie jong man homself bevind?

Enigeen met inligting oor Jeandré Boois se huidige woonplek word dringend dog vriendelik versoek om speursersant Meyer Milstein by 079 879 8588 te skakel.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word. Inligting kan ook anoniem aan Stop Misdaad (Crime Stop) by 08600 10111 gegee word.

Boois het voorheen by Tulpstraat 83, Noordhoek, in Velddrif gewoon, maar die polisie vermoed hy woon tans in Vredenburg. Boois word gesoek met betrekking tot ’n polisieondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025