‘Hervorm nou drasties’

Die huidige onderwyskrisis vereis ’n holistiese benadering om die opvoeding van die jeug te verbeter.


Die huidige onderwyskrisis vereis ’n holistiese benadering om die opvoeding van die jeug te verbeter.

Swak matriekuitslae, vroeë skoolverlating, werkloosheid en tienerswangerskappe laat die gevaarligte in ’n dorre Suid-Afrika flikker.

Drastiese hervorming is nodig om die jeug ’n harde les te leer, soos van die groot depressie in 1928. Die jeug moet ophou kla en bedel en moet liewer entrepreneurs word. Hierdie strategiese benadering sal lei tot ’n welvaartstaat om Suid-Afrika uit die put van armoede en ellende te red. Die mense moet elke dag bid tot ons almagtige God vir krag, wysheid, nederigheid en positiewe energie. Mag 2025 ’n jaar van hoop, vernuwing en ’n gees van ubuntu wees.


Pieter Beukes,

VREDENBURG

You need to be Logged In to leave a comment.