Hengelaars spook dit uit

Die Noordhoek Sosiale Hengelklub het op Saterdag 16 November sy jaarlikse toernooi by Kuifkopvisvanger langs die Bergrivier in Velddrif gehou.


Die Noordhoek Sosiale Hengelklub het op Saterdag 16 November sy jaarlikse toernooi by Kuifkopvisvanger langs die Bergrivier in Velddrif gehou.

Die 22 lede van die klub het sake uitgespook. Die wenner en naaswenner het mekaar vir ’n groot deel van die dag behoorlik die stryd aangesê. Om 15:00 is die einde van die dag aangekondig en is die drie wenners aangekondig.

Ernie Karolus het met ’n gesamentlike gewig van 15,152 kg die eerste plek gewen, Robert Smit was in die tweede plek met ’n gewig van 14,125 kg en Edwin van Boven derde met ’n gewig van 7,920 kg.

Taylon Smit was die enigste junior hengelaar en spog met ’n totale gewig van 6,325 kg.

Die voorsitter van die klub, Edward Blaauw bedank alle lede wat hard gewerk het om die dag ’n sukses te maak. Die volgende borge word bedank vir hul donasie: Bergrivier Munisipaliteit, Laaiplek SuperSpar, Laaiplek Wyjnhuys, Agrimark Velddrif, Tops Laaiplek, Citrusdal Spar en Lizel Carolus.

You need to be Logged In to leave a comment.