Van links is Suzanne Wessels (sekretaresse), Lynette Schoeman (ondervoorsitter) en Marius Whelan (voorsitter) van Helpende Hand.


Die Saldanhabaai-tak van Helpende Hand het die jaar met ’n uitreikprojek na die plaaslike ouetehuis, Huis Wittekruin, afgesluit.

Die tak het in samewerking met die Laerskool Vredenburg leerders betrek wat die inwoners met pragtige sang en voordrag bederf het.

Die program is Vrydagaand aangebied en die tak is deur die voorsitter, Marius Whelan, die ondervoorsitter, Lynette Schoeman, en die sekretaresse, Suzanne Wessels, verteenwoordig.

Volgens Whelan “was dit ’n suksesvolle projek en die inwoners is terselfdertyd ook ingelig oor die werksaamhede van die plaaslike Helpende Hand tak”.

Whelan noem ook dat die Saldanhabaai-tak se werksaamhede vir die jaar nou afgesluit is en dat daar verskeie programme en projekte is waarop die tak in 2025 gaan fokus.

“Hierdie programme sal veral op verskeie ontwikkelingsgebiede van die jeug en jonger kinders fokus omdat dit ’n groot behoefte onder die jongspan van die groter Saldanhabaai-gebied is,” sê Whelan.

. Kontak Mariëtte Roos, die assistent-streekorganiseerder vir Helpende Hand in die Weskus, per e-pos by marietteroos@helpendehand .co.za om by dié organisasie se werk en projekte betrokke te raak.

You need to be Logged In to leave a comment.