Kom geniet ‘n intieme aand se musiek en stories saam met Len Muller by Die Koelkamers op Vrydag 2 Mei. Ná die ongelooflike sukses van “Soos ‘n Engel”, wat die nr. 1-posisie op die iTunes Charts in Suid-Afrika ingeneem het en tans onder die Top- 10 Afrikaanse liedjies op radiostasies se ranglyste pryk, word jy uitgenooi om na dié akoestiese vertoning te kom luister. Die vertoning begin om 19:00 en kaartjies kos tussen R140 en R255. Besoek www.diekoelkamers.com om te bespreek.

Len Muller | ‘Soos ‘n Engel’

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 December 2025
    Weslander E-Edition – 18 December 2025

Gift this article