Pomario Privaatskool is trots op die leerders Carlos Smit (links) en Mikela Roets, wat die skool by die eerste wedloop van die Lower West Coast-landloopliga vir 2025 by Noordhoek Primêre Skool in Velddrif op Saterdag 26 April verteenwoordig het. Roets het uitstekend gevaar deur die eerste plek in die o.9-meisies-afdeling ná ‘n sterk 2-km-wedloop te behaal. Smit het ook goed presteer in die o.12- afdeling en het 38ste uit sowat 65 atlete in die 3-km-wedloop geëindig.

Presteer in landloop

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025