Hank steeds die man om te vang

Hank McGregor is steeds die man om te vang ná hy Donderdag die tweede skof van die Bergrivier-kanomarathon gewen het.


Hank McGregor is steeds die man om te vang ná hy Donderdag die tweede skof van die Bergrivier-kanomarathon gewen het.

Die Koning van die Berg, verdedigende kampioen, mik vanjaar vir sy 11de titel.

Hy het die tweede skof, die korste een van 46 km tussen Sonkwasdrif en Bridgetown, sowat ‘n minuut voor Simon van Gysen klaargemaak, na hy die oggend met ‘n voorsprong van 22 sekondes begin het.

Adrian Boros van Hongarye, wat gister tweede was, het vandag in die derde plek klaargemaak.

McGregor, ook ‘n sesmalige wêreld-marathonkampioen, het meeste van die dag geroei met bloed wat van sy voorkop afgestroom het ná hy vroeg ‘n sny opgedoen het.

Gister moes McGregor se pa, die 64-jarige Lee McGregor, ’n tweemalige gouemedaljewenner,tydens die eerste skof weens griep onttrek.

*Bianca Beavitt, verdedigende vroue-kampioen, het die tweede skof gewen, sowat 11 minute voor Jen Ward. Beavitt was ook die wenner van die eerste skof en lyk onstuitbaar op pad na haar tweede Berg-titel.

You need to be Logged In to leave a comment.