Handelsinstituut gesels oor kleinsake se reuserol

Die noodsaaklikheid om die informele sek­tor as ’n integrale deel van die ekonomie te erken, sal vanjaar by die Afrikaanse Han­dels­instituut (AHI) Wes-Kaap se jaarkon­gres bespreek word.


Die noodsaaklikheid om die informele sek­tor as ’n integrale deel van die ekonomie te erken, sal vanjaar by die Afrikaanse Han­dels­instituut (AHI) Wes-Kaap se jaarkon­gres bespreek word.

Dié bespreking word deur prof. Frederick Fourie gelei. Die jaar­kongres vind eersko­mende Vrydag 6 Sep­tem­ber in Velddrif plaas. Die gala-aand, wat ook ’n prysuit­deling om entrepre­neurs te vereer insluit, sal Donderdag 5 September plaasvind.

“Die informele sektor word telkemale oorgesien ten spyte van die feit dat dit ’n bestaan, werk en inkomste vir ongeveer 2,5 miljoen werkers en sake-eienaars bied,” skryf Fourie in sy boek, The South African Informal Sector: Creating jobs, reducing poverty.

In elke dorp speel die informele sektor ’n ekonomiese rol en Fourie sal die bestuur van dié dinamika onder die vergrootglas plaas. Fourie se eie navorsing toon dat een uit elke ses mense wat werk, in die informele sektor funksioneer.

Dié gesprek sal deur ’n paneelbe­spreking, waaraan kongresgangers kan deelneem, gevolg word.

André Diederichs, stigter en hoof van die Suid-Afrikaanse vere­niging vir familieonde­rnemings (Fabasa), en ook bekende kundige, skrywer en media-persoonlikheid, sal by die kongres oor fami­lieondernemings gesels.

Landbou as ekono­miese katalisator is die onderwerp wat Cornie Swart, presi­dent van Agri Wes-Kaap, gaan aanraak.

Om die bespreking oor toerisme as ekonomiese katalisator te lei, sal Monika de Jager, bestuurder van Namaqua-Weskus-toerisme aan die woord wees.

Die eerbewyse wat by die gala-aand se prysuitdeling oorhandig gaan word, is onder meer die sakekamer van die jaar, opkomende sakekamer van die jaar, kleinsake-entrepreneur van die jaar en kleinsakebeginner-entrepreneur van die jaar.

Mense wat nog hul plekke moet bespreek, kan gerus die webtuiste www.ahievent.co.za besoek of die volgende skakel gebruik: https://ahievent.co.za/#tickets.

You need to be Logged In to leave a comment.