Dom de Jesus en sy toegewyde Run West-span het aangekondig dat vanjaar se strandwedloop ter ondersteuning van Protect the West Coast (PTWC) Sondag 22 September sal plaasvind.
Verlede jaar se 10 km- en 21 km-wedlope na Doringbaai het meer as R40 000 vir die saak ingesamel en enorme bewusmaking vir PTWC en die kwessie van onwettige mynbou in die streek opgelewer.
Behalwe dat dit ’n prettige en lonende ervaring vir die deelnemers was, het Run West ook ’n groot mate van belangstelling en handel in die onmiddellike omgewing aangewakker. Dit het gewys hoe hierdie soort geleenthede en avontuur-toerisme die plaaslike ekonomie ’n hupstoot kan gee en plaaslike gemeenskappe in die stryd teen onwettige mynbou kan saambring.
Met dubbel die toegangsgleuwe wat toegeken is as verlede jaar se 145, beloof vanjaar se Run West-geleentheid om veel groter en beter te wees.
Die makliker 10-km-draf begin weer in Strandfontien en eindig by die Fryer’s Cove Vineyards in Doringbaai. Die 21-km-wedloop begin verder langs die kus naby die Olifantsriviermond en eindig ook by Fryer’s Cove.
Kampering sal beskikbaar wees by die Strandfontein-kampterrein, en verblyf by Fountain Beach en elders in die omgewing. Inskrywings vir al twee wedlope word nou ingewag.
Vanjaar se geleentheid word ook ondersteun deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en die Matzikama-munisipaliteit. Die borge is Namaqua Wines SA, Reduce Reuse Co en Cederberg Brewery.
Meer ondersteuning is egter welkom.
V Stuur e-pos na die organiseerders by info@runwest.co.za (Run West) en miles@protectthewestcoast.org (PTWC) vir nog navrae of indien jou maatskappy of handelsmerk betrokke wil raak.