Groot skade na inbraak by Badisa Weskus

Badisa Weskus het groot finansiële skade gely ná ’n inbraak by sy Vredenburg-kantoor op Sondag 13 Oktober.


Badisa Weskus het groot finansiële skade gely ná ’n inbraak by sy Vredenburg-kantoor op Sondag 13 Oktober.

Die inbrekers het gedwonge toegang tot die perseel gekry en onder andere selfone, rekenaartoerusting en kantoorvoorraad gebuit. Die diewe het die motorhuis se sleutels in die hande gekry en die voertuie se wieldoppe asook die batterye verwyder en weggedra.

Drade is geknip of uit die muur geruk wat stelsels, internet-infrastruktuur en foonlyne is in die proses vernietig het. Dit het Badisa Weskus geen keuse gelaat as om genoodsaak duisende rande aan dringende herstelwerk aan sy kommunikasiestelsels en motors te spandeer, sodat dienslewering aan die mishandelde kinders en kwesbare gesinne wat hy bedien, nie belemmer word nie.

Daar is egter nie vir hierdie onvoorsiene uitgawes begroot nie en dit het weer ’n impak op ander dringende en noodsaaklike operasionele uitgawes. En uiteindelik is dit die kinders wat hy bedien, wat aan die kortste ent trek.

Badisa meen elke bydrae is van waardering. Sou jy ’n finansiële bydra wil maak kontak Badisa Weskus by 022 713 1723.

You need to be Logged In to leave a comment.